11 Armes sal daar altyd wees; daarom moet jy sensitief vir jou broer se swaarkry wees.
12 “Wanneer ’n mede-Israeliet so baie skuld dat hy as ’n slaaf aan jou verkoop word, moet hy ses jaar lank vir jou werk, maar in die sewende moet jy hom weer laat weggaan.
13 Wanneer hy vertrek, moet jy hom darem nie met leë hande laat gaan nie.
14 Gee hom volop van die goeie dinge waarmee die Here jou geseën het. Gee hom van jou vee, jou koring en jou wyn.
15 Onthou, jy was ook ’n slaaf in Egipte, maar die Here het jou daaruit weggevat. Dit is waarom ek jou vandag hierdie opdrag gee.
16 Wanneer daardie werker egter sê dat hy jou en jou gesin liefhet en eerder by julle wil bly, moet jy dit toelaat.
17 Jy moet hom teen ’n deur laat staan en met ’n skerp voorwerp dwarsdeur sy oor tot in die deur druk. Dit sal die teken wees dat hy vir altyd jou werker sal wees. Jy moet ook dieselfde met ’n vrou doen wat jou slaaf is.