19 Hulle moet nooit partydig of onredelik wees nie. Hulle moet ook nooit omkoopgeskenke aanvaar nie. Sulke geskenke maak selfs die slimstes en die eerlikstes blind vir die waarheid.
20 In alle sake moet hulle billik en regverdig wees. Dan sal julle die Beloofde Land binnegaan en vir altyd daar bly.”
21 “Wanneer jy vir die Here ’n altaar gebou het, moet jy tog nooit ’n paal ter ere van Asjera langsaan inkap nie.
22 Los ook alle klippilare wat vir die afgode opgerig is. Die Here haat sulke dinge.”