7 Jy moet die vleis gaarmaak en op die plek eet wat die Here nog in die Beloofde Land sal kies. Teen die volgende oggend se kant kan julle maar weer huis toe gaan.
8 Ses dae lank moet jy dan ongesuurde brood eet en op die sewende moet jy vrolik en feestelik saamkom om die Here jou God te eer. Op hierdie dag mag niemand werk nie.”
9 “Jy moet die weke mooi bereken. Van die oomblik af dat jy jou koring begin sny, moet jy begin tel. Tel tot by sewe weke.
10 Dan moet jy die fees van die weke tot eer van die Here jou God begin vier. Bring ’n offer en kom bymekaar by die plek wat die Here nog sal kies.
11 Daar moet julle vrolik en bly wees in die teenwoordigheid van die Here. Jy en jou kinders, jou werkers, die Leviete van jou dorp en die mense van ander volke wat by jou bly. Ook die weeskind en weduwee moet saamkom en vrolik wees.
12 In dié tyd moet jy daaraan dink dat jy baie in Egipte gely het. Daarom moet jy die fees van die weke getrou vier.”
13 “As jy klaar by die dorsvloer gewerk en by die parskuip die druiwe getrap het, moet jy sewe dae lank die huttefees vier.