16 Hierdie koning mag nie vir hom ’n groot klomp perde bymekaarmaak nie. Hy mag ook nooit toelaat dat die mense van sy volk na Egipte toe gaan om daar perde te gaan koop nie. Die Here het mos baie duidelik vir jou gesê dat jy nooit weer na Egipte mag teruggaan nie.
17 Jou koning mag ook nie vir homself ’n klomp vroue vat en met hulle trou nie. Hulle sal hom dalk beïnvloed sodat hy nie meer die Here alleen dien nie. Hy moet ook nie baie geld en besittings vir homself bymekaarmaak nie.
18 “As hy as koning op die troon sit, moet hy alles neerskryf wat die Here jou God jou beveel het om te doen. Hy moet hierdie boek afskryf van die boek wat by die mense is wat in die huis van die Here werk, die kinders van Levi. En hierdie mense moet toesien dat hy alles neerskryf wat die Here jou God jou beveel het.
19 Hy moet die boek met hierdie opdragte elke dag by hom hou. Hy moet elke dag daaruit lees, solank hy leef. So sal hy leer om die Here te respekteer, as hy alles doen wat Ek jou beveel het om te doen.
20 As hy elke dag uit hierdie boek lees en agterkom wat Ek van hom verwag, sal hy nie trots word en begin maak of hy beter is as die ander mense wat saam met hom in die land bly nie. Dit sal ook keer dat hy wegdraai van die pad wat Ek gesê het hy moet loop. Dan mag hy dalk op ander paaie begin loop. As hy alles doen wat Ek hom beveel, sal hierdie koning en sy kinders en kleinkinders vir baie lank as konings oor die volk Israel regeer.”