11 Jou mense mag nie ander mense probeer toor nie en hulle mag nie met dooies kontak maak om so inligting by hulle te kry nie.
12 Enige mens wat hom met hierdie dinge besig hou, is vir die Here walglik. Hy kan so ’n mens nie voor sy oë verdra nie. Dis omdat die nasies wat nou in daardie land bly, hierdie dinge gedoen het dat die Here jou God hulle uit die land gaan wegdryf. Hy gaan hulle land vir jou gee.
13 Jy moet sorg dat jy reg voor die Here leef.
14 Die mense wat jy daar gaan wegjaag, hou van mense wat hulle met toordery ophou en die toekoms voorspel. Luister mooi: die Here jou God verbied jou om jou met hierdie dinge besig te hou.”
15 “Die Here jou God sal iemand onder jou volk stuur wat vir julle sal sê wat die Here wil hê julle moet weet, net soos Hy my gestuur het. Julle moet luister as hierdie man met julle praat, want hy sê wat hy van my hoor.
16 Dis mos wat julle daar by die berg Horeb ernstig vir die Here gevra het toe julle voor Hom bymekaar was. Julle het mooi gevra dat Hy nooit weer self met julle moet praat nie. Of dat Hy Homself weer in die vuur vir julle moet wys nie, want julle was bang dat julle sal doodgaan as Hy self met julle kom praat.
17 “Daar het die Here vir my gesê: ‘Goed, Ek sal maak soos hierdie klomp mense vir My gevra het.