10 Op hierdie manier sal julle keer dat onskuldige mense doodgemaak word in die land wat die Here jou God jou as ’n spesiale besitting gee. Anders sal julle skuldig wees aan moord.
11 “Maar sê nou iemand haat ’n ander persoon. En op ’n dag lê hy hierdie persoon êrens in die veld voor en maak hom dood. En sê nou hierdie moordenaar vlug na een van die stede wat julle uitgewys het waarin ’n mens kan gaan skuil.
12 In so ’n geval moet die leiers van die moordenaar se tuisdorp die moordenaar laat haal uit die stad waar hy gaan wegkruip het. Dan moet hulle hom aan die vermoorde persoon se familie gee dat hulle hom kan doodmaak.
13 Julle mag nie daardie moordenaar jammer kry nie! Julle moet die skuld wat moord veroorsaak, uit Israel uitroei. Anders sal dit nie met julle goed gaan nie.”
14 “Jy mag nie in die land wat die Here jou God jou gaan gee iemand se grond steel deur sy grensdrade te verskuif nie. Die eerste mense wat in hierdie land gebly het, het die grenslyne van die grond vasgestel. So het hulle gewys watter grond behoort aan wie.”
15 “Jy mag nooit iemand skuldig bevind aan iets wat hy verkeerd gedoen het as net een mens vertel het dat hy dit verkeerd gedoen het nie. Dit maak nie saak watter slegte daad hy ook al gedoen het nie, ten minste twee of drie mense moes dit gesien het voordat jy hom skuldig kan bevind.
16 “As iemand nie van ’n ander persoon hou nie en hy kom sê vir die hof dat daardie persoon die een of ander misdaad gepleeg het,