15 “Jy mag nooit iemand skuldig bevind aan iets wat hy verkeerd gedoen het as net een mens vertel het dat hy dit verkeerd gedoen het nie. Dit maak nie saak watter slegte daad hy ook al gedoen het nie, ten minste twee of drie mense moes dit gesien het voordat jy hom skuldig kan bevind.
16 “As iemand nie van ’n ander persoon hou nie en hy kom sê vir die hof dat daardie persoon die een of ander misdaad gepleeg het,
17 moet die persoon wat so sê en die persoon wat aangekla word, in my huis gaan staan. Hulle moet voor die mense verskyn wat in my huis werk en daar besluit wie is reg en wie nie.
18 Al twee hierdie mense moet dan sorgvuldig uitgevra word. As jy uitvind dat die persoon wat die klag gelê het, gelieg het,
19 moet jy hierdie persoon straf soos jy die ander persoon sou gestraf het as hy skuldig was aan die misdaad waarvan hy beskuldig is. Op hierdie manier moet jy jou skoonmaak van die slegte dinge wat tussen julle is.
20 Dan sal die mense wat hiervan hoor, bang word en nooit weer so ’n slegte ding doen nie.
21 Jy mag nie so iemand jammer kry nie. O nee! Die reël wat jy moet gebruik, is: iemand moet met sy eie lewe betaal as hy ’n lewe geneem het. Sy oog moet uitgehaal word as hy iemand sy oog gekos het. Hy moet sy hand verloor as hy iemand sy hand laat verloor het. En sy voet moet afgekap word as hy iemand sy voet gekos het.”