1 “Soos die Here gesê het, is ons toe deur die woestyn na die Skelfsee toe. Vir ’n lang tyd het ons langs die berge van Edom getrek.
2 Toe het die Here vir my gesê
3 dat ons lank genoeg langs die bergwêreld getrek het en dat ons weer noordwaarts moes gaan.
4 Die Here het ook verder gesê: ‘Binnekort trek julle deur Edom waar Esau se nageslag woon. Hulle is verlangse familie van julle, maar hulle sal bang wees vir julle.