21 Hulle was ook, net soos die Enakiete, groot en lank. Toe het die Here die Refaïete deur die Ammoniete vernietig. En die Ammoniete het die land gevat en daarin gaan bly.
22 Dit is ook wat die Here vir die nageslag van Esau in Seïr gedoen het: Hy het die Horiete verdryf sodat die Edomiete vandag nog daarin kan woon.
23 Dit het ook met die Awwiete in die dorpe rondom Gasa gebeur. Die mense van Kaftor het die Awwiete vernietig en toe in hulle gebied gaan woon.)
24 Die Here het verder vir ons gesê: ‘Staan op en trek deur die Arnonrivier. Ek sal die Amoriet, Sihon die koning van Gesbon en sy land in julle hand gee. Veg teen Sihon en beset sy land. So sal julle met die verowering van die Beloofde Land begin.
25 Van vandag af maak Ek al die volke bang vir julle. As hulle van julle hoor, sal hulle benoud raak. As hulle julle sien, sal hulle begin bewe.’”
26 “Toe het ek mense uit ons kampplek in die Kedemotwoestyn met ’n boodskap na Sihon gestuur:
27 ‘Laat my deur jou land trek. Ek sal reguit trek sonder om af te draai.