3 dat ons lank genoeg langs die bergwêreld getrek het en dat ons weer noordwaarts moes gaan.
4 Die Here het ook verder gesê: ‘Binnekort trek julle deur Edom waar Esau se nageslag woon. Hulle is verlangse familie van julle, maar hulle sal bang wees vir julle.
5 Moenie met hulle sukkel of ’n oorlog begin nie. Edom behoort aan Esau se nageslag. Ek het dit vir hulle gegee en julle sal niks daarvan kry nie.
6 Vir kos sal julle moet betaal en drinkwater sal julle moet koop.’
7 Omdat die Here julle God by julle was, het dit altyd met julle goed gegaan. Toe julle deur hierdie groot woestyn getrek het, het Hy dag vir dag vir julle gesorg. Veertig jaar lank sorg Hy al vir julle en dit is waarom julle niks kortkom nie.
8 “Ons is weg uit Edom waar ons familie langs die Seïrberge woon en het na die dorpe Elat en Esion-Geber afgedraai. So het ons in die rigting van die Moabvlaktes getrek.”
9 “Toe het die Here weer vir my gesê: ‘Moenie Moab aanval of ’n geveg begin nie. Van hierdie land sal julle ook niks kry nie, want Ek het die stad Ar aan die nageslag van Lot gegee.’