32 “Sihon en sy weermag het na Jahas toe getrek om teen ons te veg.
33 Die Here het ons egter gehelp en ons het Sihon, sy weermag en sy seuns geheel en al vernietig.
34 Ons het al Sihon se stede ingeneem en al die inwoners doodgemaak. Niemand het oorgebly nie.
35 Ons het die vee vir ons gevat en die stede verwoes.
36 Van Aroër by die Arnonrivier en die groot stad daar naby tot by Gilead was daar geen stad wat ons nie met die hulp van die Here ingeneem het nie.
37 Soos die Here ons beveel het, het ons nie die Ammoniete aangeval nie. Ook nie die dele rondom die Jabbokrivier en al die stede in die berge nie.”