1 “Jy gaan in gevegte beland. Ander nasies gaan teen jou oorlog maak. Dan gaan jy dalk sien dat hulle baie wapens het wat beter is as joune, en dat hulle meer soldate het as jy. Moet dan nie bang wees en benoud rondhardloop nie. Die Here jou God het jou veilig tot hier gelei, daar van Egipte af. Niemand minder nie as Hy is by jou. Jy het niks om voor bang te wees nie.
2 “Voor jy gaan veg, moet die man wat in my huis werk eers voor die soldate gaan staan. Hy moet dan die soldate moed inpraat.
3 Hy moet sê: ‘Luister na my, Israeliete! Julle staan op die punt om teen ’n vyand te gaan veg. Moenie bang wees nie. Moenie paniekbevange rondkyk wie julle sal help nie. Moenie vir julle vyand skrik nie.
4 Die Here julle God gaan saam met julle! Hy is tussen julle. Hy sal vir julle teen julle vyande baklei. Hy sal vir julle die oorwinning gee.’