8 Dan moet die offisiere ook vra: ‘Is daar iemand onder julle wat bang is? As daar so iemand is, moet hy huis toe gaan. Anders steek hy nou-nou die ander soldate aan sodat daar ’n klomp bangbroeke is wat aan die oorlog moet deelneem.’
9 As die offisiere klaar met die soldate gepraat het, moet hulle die leiers van die verskillende gevegseenhede se name aankondig.”
10 “As jy oorlog teen ’n stad maak, en jy trek teen hom op, bied eers vir die mense van die stad vrede aan. Sê vir hulle onder watter voorwaardes jy hulle stad sal spaar.
11 As hulle dan jou voorwaardes aanvaar en jou in hulle stad innooi, moet al die mense wat in die stad bly, vir jou werk sonder enige betaling.
12 Maar as die mense nie belangstel in die vrede wat julle vir hulle aanbied nie en hulle klaarmaak om teen jou te baklei, moet jy hulle stad aanval.
13 As die Here jou God hierdie stad vir jou gee en jy die geveg wen, moet jy elke man doodmaak wat in die stad bly.
14 Maar die vroue en kinders en die vee en ander besittings wat jy in die stad kry, mag jy vir jouself hou. Geniet die besittings van jou vyande omdat dit die Here jou God is wat jou vyande in jou mag oorgee.