9 As jy presies so maak soos ek vir jou sê, sal jy doen wat vir die Here reg is. Dan sal jou mense onskuldig wees aan die moord op daardie persoon.”
10 “Dit kan gebeur dat jy oorlog maak teen een van jou vyande. Die Here jou God sorg dan dat jy jou vyand oorwin. Jy neem die mense van daardie stad of gebied gevange.
11 Onder die gevangenes sien jy ’n vrou wat vir jou mooi is. Jy raak verlief op haar en wil met haar trou.
12 Dan moet jy so maak: jy moet haar gaan haal dat sy in jou huis kom bly. Daar moet sy haar hare afskeer en haar naels kort sny.
13 Sy moet ook die klere uittrek wat sy gedra het toe sy ’n gevangene was. Jy moet haar los dat sy ’n maand lank in jou huis bly. In hierdie tyd moet sy oor haar pa en ma treur. Eers hierna mag jy met haar trou.
14 Maar sê nou jy trou met haar en vind dan later uit dat jy nie meer lief is vir haar nie. Dan moet jy haar laat weggaan. Jy mag haar nie verkoop nie. En jy mag haar nie behandel asof sy ’n huishulp is nie, want jy het by haar geslaap.”
15 “Sê nou ’n man het twee vroue. Hy is baie lief vir die een, maar nie vir die ander een nie. Hy het ’n seun by al twee hierdie vroue. Sê nou die seun wat eerste gebore word, is die seun van die vrou vir wie hy nie baie lief is nie.