1 “Op ’n dag sien jy dalk hoe jou buurman se bees of skaap wegdwaal. Moenie maak of jy dit nie sien nie. Wees eerlik. Vat die dier terug na sy eienaar toe.
2 As dit nie aan iemand behoort wat in jou omgewing bly nie, of as jy nie weet wie se dier dit is nie, vat dan die dier na jou huis toe. Dit sal veiliger by jou wees. Hou dit daar en versorg dit tot die eienaar daar opdaag om na sy dier te soek. Gee dit dan vir hom.
3 Maak ook so as jy iemand se donkie kry, of sy klere of enigiets wat aan iemand anders behoort wat hulle verloor het. Moenie maak of jy dit nie sien nie.
4 “Sê nou jy sien iemand se os of donkie het inmekaargesak omdat hulle moeg is van al die goed wat hulle moet dra. Moenie maak of jy dit nie sien nie. Staan eerder nader en help die man om die dier weer op sy pote te kry.