1 “’n Man wie se geslagsdele verbrysel of afgesny is, mag nie saam met die gemeente voor die Here bymekaarkom nie.
2 “Mense wat gebore is uit verhoudings wat nie deur die Here goedgekeur word nie, mag nie deel van die gemeente van die Here wees nie. Selfs so iemand se kinders en kleinkinders en agterkleinkinders mag nie aan die gemeente behoort nie.
3 “Ammoniete en Moabiete en hulle kinders en kleinkinders en agterkleinkinders mag nie aan die gemeente van die Here behoort nie.
4 Toe julle uit Egipte weggetrek het en in hierdie land aangekom het, wou hulle nie vir julle kos en water gee nie. Inteendeel, hulle het vir Bileam, die seun van Beor uit die stad Petor wat in Mesopotamië is, gehuur. Hy moes julle vloek.