13 Elke soldaat moet ’n graaf by sy toerusting hê. Waar hy dan toilet toe gaan, moet hy ’n gat grawe. As hy klaar is, moet hy alles toekrap.
14 Jy moet die kamp beskou as ’n plek wat aan die Here behoort en in sy diens staan. Daar mag niks vuils in jou kamp wees nie, want die Here jou God is saam met jou in jou kamp. Hy beskerm jou en verslaan jou vyande vir jou. Daarom mag jy nie toelaat dat daar iets afskuweliks of slegs onder die soldate is nie. Anders sal die Here weggaan en jou nie meer help nie.
15 “As slawe wegloop van hulle eienaar af omdat hulle sleg behandel word, en hulle kom skuil by jou, moet jy hulle nie teruggee aan hulle eienaar nie.
16 Laat hulle eerder by jou bly in een van die stede wat hulle kies om in te bly. Jy mag nie hierdie slawe sleg behandel nie.
17 “Dit mag nooit gebeur dat enige man of vrou onder die Israeliete by die huis van die Here hulle liggaam aanbied om met ander mense seks te hê nie.
18 Jy mag ook nie enige geld na die tempel toe bring wat ’n man of vrou verdien het deur by iemand anders te slaap nie. Sulke geld is walglik vir die Here. Hy verdra nie sulke mans en vroue nie.
19 “Jy mag nie rente vra as jy geld aan iemand van jou volk uitleen nie. Dieselfde geld as jy kos of iets anders aan ’n mede-Israeliet leen. Jy mag nie rente daarop vra nie.