8 Die agterkleinkinders van Egiptenaars wat tussen julle bly, mag wel deel van die gemeente van die Here word.”
9 “As jy uittrek om teen jou vyande te gaan veg, moet jy oppas sodat jy nie verkeerde dinge doen nie.
10 “As daar ’n soldaat onder julle is wat in die nag ’n saadstorting gehad het en daarom onrein is, moet hy nie in die kamp saam met die ander soldate bly nie. Hy moet heeldag buitekant die kamp gaan bly.
11 Daardie aand moet hy hom dan goed was. Na die son gesak het, mag hy weer in die kamp kom.
12 “Merk ’n area buite die kamp af waar jy ’n toilet oprig.
13 Elke soldaat moet ’n graaf by sy toerusting hê. Waar hy dan toilet toe gaan, moet hy ’n gat grawe. As hy klaar is, moet hy alles toekrap.
14 Jy moet die kamp beskou as ’n plek wat aan die Here behoort en in sy diens staan. Daar mag niks vuils in jou kamp wees nie, want die Here jou God is saam met jou in jou kamp. Hy beskerm jou en verslaan jou vyande vir jou. Daarom mag jy nie toelaat dat daar iets afskuweliks of slegs onder die soldate is nie. Anders sal die Here weggaan en jou nie meer help nie.