1 “Jy gaan binnekort in die land kom wat die Here jou God vir jou gee. Daar moet jy jou tuismaak.
2 Dan moet jy elke jaar die eerste deel van die oes neem wat jy in daardie land plant en oes, en dit in ’n mandjie pak. Dan moet jy daarmee na die plek toe gaan wat die Here jou God sal kies om in te bly. Dit is die plek waar jy die Here moet dien.
3 Gaan dan na die man wat daar in die diens van die Here staan. Sê vir hom: ‘Ek het ’n geskenk vir die Here my God gebring, want dit is Hy wat my in hierdie land gebring het, en dis Hy wat hierdie land vir my gegee het. Hy het mos al vir my oupagrootjies belowe dat Hy dit sal doen.’
4 “Die man wat in die huis van die Here werk, moet dan die mandjie neem met die geskenk in. Dan moet hy dit voor die altaar neersit, voor die Here jou God.