4 Maar tot vandag toe het die Here nie vir julle verstand gegee sodat julle kan verstaan nie, of oë sodat julle kan sien of ore sodat julle kan hoor nie!
5 Vir 40 jaar het ek julle deur die woestyn gelei. Het julle nie agtergekom dat julle skoene nie uitgetrap raak en julle klere nie stukkend gaan nie?
6 Julle het nie brood gehad om te eet of wyn of ander sterk drank gehad om te drink nie. Die Here het self vir julle kos gegee. Hy het dit gedoen sodat julle kon leer dat Hy, en Hy alleen, die Here julle God is.
7 “Toe ons hier in Kanaän aanland, het koning Sihon van Gesbon en koning Og van Basan opgetrek en teen ons kom veg. Maar ons het hulle verslaan.
8 Ons het hulle land gevat en vir die stamme van Ruben en Gad gegee, en vir die een helfte van die stam van Manasse. Hulle het hierdie grond geërf.
9 “Daarom moet julle nou stiptelik alles doen wat die Here julle beveel het. As julle dit doen, sal julle voorspoedig wees in alles wat julle aanpak.
10 Julle staan vandag almal voor die Here julle God. Julle leiers en julle landdroste en julle offisiere, almal wat aan Israel behoort, is hier.