19 Julle vroue en kinders en die vee, waarvan julle baie het, kan maar solank in die Oos-Jordaanse gebied woon.
20 Julle moet hulle help totdat hulle die hele Wes-Jordaan oorwin het en die Here vir hulle ook rus en vrede gegee het. Dan kan julle weer na julle plekke oos van die Jordaan terugkeer.’”
21 “Toe het ek vir Josua gesê: ‘Jy het nou self gesien wat die Here met Og en Sihon gedoen het. So sal Hy met elke volk aan die Wes-Jordaan maak.
22 Moet nooit bang wees vir hulle nie, want die Here sal saam met jou teen hulle veg.’
23 “In dié tyd het ek vir die Here gesê:
24 ‘Here, oor baie jare het U vir my u grootheid en krag laat sien. En dit was nog maar net die begin van wat U gaan doen. Geen god in die hemel of op die aarde kan sulke dinge doen nie.
25 Nou vra ek U, Here, om my ook die mooi land aan die ander kant van die Jordaan te laat sien. Die pragtige bergland en die hoë berge van die Libanon.’