3 Die Here het ons gehelp om Og en sy mense te oorwin. Ons het die volk uitgewis. Niemand het oorgebly nie.
4 Ons het ook al die stede ingeneem. Daar was nie ’n plek wat ons nie oorwin het nie. Altesaam 60 stede en die hele Argobgebied waar Og regeer het, was binne ’n kort tyd ons s’n.
5 Al hierdie stede het hoë mure en versterkte ingange gehad. Dan was daar ook nog baie kleiner plekkies sonder mure om wat ons ingeneem het.
6 Ons het al hierdie dorpe en stede se mense uitgewis. Ons het met hulle gemaak soos ons met Sihon die koning van Gesbon gemaak het.
7 Al die vee en waardevolle artikels in die stede het ons vir ons gevat.”
8 “So het ons die hele gebied van die Arnonrivier af tot by die berg Hermon oorwin. Daarmee saam het ons ook die twee sterk Amoritiese konings aan die oostekant van die Jordaan vernietig.
9 (Die mense van Sidon het die berg Hermon Sirion genoem en die Amoriete het daarna verwys as Senir.)