1 Moses het toe van die vlaktes van Moab af na die Neboberg toe geloop. Hy het tot op die top van die Pisgaberg geklim. Die berg is reg oorkant Jerigo, maar aan die ander kant van die Jordaan. Daar het die Here vir hom die hele land gewys, die land wat Israel sou kry. Moses het die land gesien: die grond van Gilead af tot by Dan se land,
2 die land wat Naftali sou kry, en dié van Efraim en Manasse. Ook die land van Juda tot by die Middellandse See,
3 die Suidland en die vlakte, die laagte rondom Jerigo, die stad met die baie palms, tot by Soar.
4 Toe het die Here vir Moses gesê: “Dit is die land wat Ek belowe het om vir Israel te gee. Ek het al vir julle oupagrootjies, vir Abraham en Isak en Jakob, belowe dat ek hierdie land vir julle sal gee. Ek het vir hulle gesê: Ek gee hierdie land vir julle kleinkinders en agterkleinkinders. Ek het nou toegelaat dat jy die land met jou oë kan sien. Maar jy mag nie in die land ingaan nie.”
5 Moses, die man wat die Here gedien het, is toe daar in die land Moab dood, net soos die Here gesê het.