2 die land wat Naftali sou kry, en dié van Efraim en Manasse. Ook die land van Juda tot by die Middellandse See,
3 die Suidland en die vlakte, die laagte rondom Jerigo, die stad met die baie palms, tot by Soar.
4 Toe het die Here vir Moses gesê: “Dit is die land wat Ek belowe het om vir Israel te gee. Ek het al vir julle oupagrootjies, vir Abraham en Isak en Jakob, belowe dat ek hierdie land vir julle sal gee. Ek het vir hulle gesê: Ek gee hierdie land vir julle kleinkinders en agterkleinkinders. Ek het nou toegelaat dat jy die land met jou oë kan sien. Maar jy mag nie in die land ingaan nie.”
5 Moses, die man wat die Here gedien het, is toe daar in die land Moab dood, net soos die Here gesê het.
6 Die Here het self vir Moses begrawe in ’n vlakte in die land Moab, regoor Bet-Peor. Tot vandag toe weet niemand waar Moses se graf is nie.
7 Moses het die hoë ouderdom van 120 bereik. Hy was nog sterk en gesond. Sy oë het nog nie eens ingegee nie. En hy het nog niks makeer nie.
8 Die mense van Israel was baie hartseer oor Moses, hulle leier. Hulle het 30 dae lank niks anders gedoen nie. Hulle het net oor Moses gehuil, daar op die vlakte van Moab. Daarna het hulle verder getrek.