15 Toe die Here met julle by Horeb uit die vuur gepraat het, het julle niks gesien nie.
16 Daarom moet julle nooit ’n beeld van Hom maak nie. Julle mag Hom nie as ’n man of ’n vrou,
17 of as ’n viervoetige dier of ’n voël in die hemel
18 of as ’n kruipende dier of ’n vis afbeeld nie.”
19 “Wanneer julle na die hemel opkyk en julle die son, die maan en die sterre sien, moet julle hulle tog nie begin aanbid of dien nie. Dit is wat die ander volke doen en wat die Here hulle ook toelaat om te doen.
20 Julle is tog anders, want die Here het julle uit die slegte situasie van Egipte uitgelei. Hy het julle sy eie gemaak. Julle moet niemand anders dien nie.
21 Omdat julle alreeds so baie dinge verkeerd gedoen het, het die Here vir my kwaad geword en gesê ek sal nooit die Jordaan oorsteek nie. Ek sal nooit die goeie land wat die Here aan julle beloof het, binnegaan nie.