1 Moses het almal bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Luister baie fyn na al die wette wat ek julle vandag gee. Sorg dat julle dit baie goed ken en daarvolgens lewe.
2 Lank gelede het die Here by Horeb met ons ’n ooreenkoms gesluit.
3 Hy het nie met ons voorouers ’n ooreenkoms gesluit nie, maar met ons; met ons wat nog leef en wat vandag hier op Bet-Peor se vlakte staan.
4 Daar by Horeb het Hy met ons persoonlik uit ’n vuur gepraat.
5 En ek het tussen julle en die Here gaan staan omdat julle bang was vir die vuur. Toe het ek julle alles vertel wat die Here gesê het.
6 “Dit is wat Hy gesê het: ‘Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte waar jy verdruk is, uitgelei het.
7 ‘Jy mag geen ander gode besit of aanbid nie.