15 Op dié dag moet jy daaraan dink dat jy self ’n slaaf in Egipte was wat elke dag hard gewerk het, maar dat die Here jou op ’n wonderlike manier daar kom wegvat het. Dit is hoekom jy op die sabbat moet rus en al jou werkers saam met jou.
16 ‘Jy moet jou pa en jou ma liefhê en na hulle luister, want Ek, die Here jou God, vra dit van jou. Dan sal jy lank lewe. Dan sal dit met jou goed gaan in die land wat die Here jou God aan jou wil gee.
17 ‘Jy moet niemand doodmaak nie.
18 ‘Jy moenie ontrou aan jou huweliksmaat wees en by iemand anders slaap nie.
19 ‘Jy moet niks van iemand steel nie.
20 ‘Jy moenie slegte dinge oor ander mense rondvertel nie.
21 ‘Jy moenie ’n ander man se vrou begeer en haar vir jouself wil hê nie. Ook nie sy huis, sy grond, sy werkers, sy diere of enigiets anders wat syne is nie.’