16 ‘Jy moet jou pa en jou ma liefhê en na hulle luister, want Ek, die Here jou God, vra dit van jou. Dan sal jy lank lewe. Dan sal dit met jou goed gaan in die land wat die Here jou God aan jou wil gee.
17 ‘Jy moet niemand doodmaak nie.
18 ‘Jy moenie ontrou aan jou huweliksmaat wees en by iemand anders slaap nie.
19 ‘Jy moet niks van iemand steel nie.
20 ‘Jy moenie slegte dinge oor ander mense rondvertel nie.
21 ‘Jy moenie ’n ander man se vrou begeer en haar vir jouself wil hê nie. Ook nie sy huis, sy grond, sy werkers, sy diere of enigiets anders wat syne is nie.’
22 “Hierdie is die Here se spesiale voorskrifte. Hy het dit vir julle by Horeb gegee toe julle destyds daar bymekaar was. Eers het Hy met ’n harde stem uit die vuur en die donker rookwolke met julle gepraat. Toe het Hy stilgebly en alles op twee plat klippe neergeskryf en dit vir my gegee.”