8 ‘Jy mag geen beeld maak van enigiets wat in die hemel is, of op die aarde of in die waters onder die aarde nie.
9 Jy mag nooit voor so ’n beeld buig of dit aanbid nie. Die Here alleen is die ware God en Hy duld nie ander gode nie. Hy straf alle mense en hulle kinders wat Hom haat en ander gode dien.
10 Almal wat Hom egter liefhet en volgens sy wil leef, het die Here op sy beurt ook baie lief.
11 ‘Moenie die Here se Naam sonder rede gebruik nie. Dink mooi voordat jy dit doen, want Ek, die Here jou God, sal nie toelaat dat mense my Naam sommer net so, sonder rede, gebruik nie.
12 ‘Onderhou die sabbat. Leef anders op die sewende dag van die week, want Ek, die Here jou God, vra dit van jou.
13 Ses dae moet jy baie hard werk,
14 maar op die sewende dag moet jy rus. Dit is ’n dag wat eenkant gesit word vir spesiale diens aan die Here. Op hierdie dag moet niemand werk nie: nie jy nie, ook nie jou kinders, jou werkers, jou diere of die vreemdelinge wat by jou inwoon nie. Al jou werkers moet saam met jou op die sabbat rus.