11 Julle sal in huise vol mooi dinge bly, maar wat julle nie self mooi gemaak het nie. Daar sal ook waterputte wees wat julle nie self uitgekap het nie en wingerde en olyfbome wat julle nie self geplant het nie. In die nuwe land sal daar altyd kos wees.
12 Sorg dus dat jy nooit die Here vergeet nie. Dink altyd aan Hom wat jou uit Egipte waar jy verdruk is, kom wegvat het.
13 Jy moet die Here altyd liefhê, Hom dien en net in sy Naam beloftes aflê.
14 Moet nooit die gode van die ander nasies rondom jou aanbid nie.
15 Die Here jou God duld geen ander gode nie en as jy hulle aanbid, sal die Here se woede jou soos ’n vuur vernietig.
16 “Julle moenie die Here se geduld beproef soos julle dit by Massa gedoen het nie.
17 Sorg eerder dat julle die Here se wil ken en dit gehoorsaam.