20 Hy sal al die nasies bang maak vir jou. Die Here sal self almal wat vir julle wegkruip, verwoes.
21 Moenie vir die nasies bang wees nie, want die Here is mos by jou. Hy is ’n God wat baie groot en sterk is.
22 Die Here sal die nasies stadig voor jou wegjaag. Jy hoef nie almal met een slag te vernietig nie, want dan sal die wilde diere weer terugkom en net vir jou ’n oorlas word.
23 Moenie bang wees nie, want die Here sal al hierdie nasies in jou hand gee. Hy sal paniek en verwarring onder hulle saai totdat almal uitgewis is.
24 En Hy sal al die nasies se konings in jou hand gee en jy sal hulle name so uitwis dat niemand hulle meer sal onthou nie.
25 Al die beelde van hulle gode moet jy in die vuur gooi. En die goud en silwer waarvan daardie beelde gemaak is, moet jy nie vir jou vat nie. As jy dit doen, kan dit jou verlei om daardie gode te aanbid.
26 Afgode is vir die Here ’n skande. Hy haat hulle; daarom moet jy hulle ook haat. Jy moenie eens iets van ’n afgod in jou huis inbring nie, want dit kan jou lewe verwoes. Vernietig dit.”