9 “Onthou altyd dat die Here jóú God is. Hy is getrou. Wie Hom liefhet, sal altyd die Here se verbondsliefde ervaar. Hy sal tot in die verste geslag vir mense bly omgee wat aan Hom getrou is.
10 Wie Hom haat, sal Hy straf. Vir sy haters sal Hy geen genade oorhê nie.
11 Luister dan nou mooi na al die wette en gebooie wat ek julle vandag gee.
12 “As jy na hierdie gebooie luister en dit gehoorsaam, sal die Here jou bly liefhê en aan die ooreenkoms dink wat Hy al met jou voorvaders gesluit het.
13 Hy sal jou liefhê en seën sodat jy baie kinders sal hê. Hy sal ook vir goeie oeste sorg en jou volop koring, mos en olie skenk. Al jou skape en beeste sal aanteel en baie word. Dit sal gebeur in die land wat Hy aan jou voorouers belowe het.
14 Met geen ander volk sal dit so goed gaan soos met jou nie. Nie jy of jou diere sal ooit onvrugbaar wees nie.
15 En die Here sal jou teen alle siektes bewaar. Al die verskriklike siektes van Egipte wat jy ook baie goed ken, sal die Here van jou af weghou. Hy sal sorg dat jou vyande al daardie siektes kry.