1 Moses het verder vir hulle gesê: “Bêre alles wat ek jou vandag vertel diep in jou hart weg. En gaan doen dit. Dan sal jy nog lank leef en baie kinders hê. En jy sal ook die nuwe land kan binnegaan en daar gaan woon.
2 Jy moet altyd terugdink aan die 40 jaar wat verby is. Kyk altyd terug na die pad waarmee die Here jou deur die woestyn gelei het. Hy het jou swaar laat kry sodat jy nederig kon word en kon leer om sy voorskrifte te gehoorsaam.
3 Jy was dikwels honger, maar die Here het vir jou manna gegee. Dit was iets wat jy en jou voorgeslagte nie geken het nie. So wou die Here jou leer dat ’n mens nie van brood alleen kan leef nie, maar dat die beloftes en die woorde van die Here jou ook versadig maak.
4 In die 40 jaar wat verby is, het jou klere nie eintlik verslyt nie en het jou voete nie eens geswel van al die stap nie.
5 Dink altyd daaraan dat die Here jou in die woestyn soos ’n kind grootgemaak en geleer het.
6 So wou Hy jou leer om Hom lief te hê en volgens sy wil te leef.”