3 “Wat is dit, koningin Ester?” wou die koning weet. “Sê vir my wat jy wil hê en ek sal dit vir jou gee, al is dit ook die helfte van my koninkryk.”
4 “As dit met u reg is,” sê sy toe, “wil ek graag hê dat u en Haman vanaand my gaste sal wees by ’n ete wat ek vir u voorberei het.”
5 Toe sê die koning: “Gaan haal dadelik vir Haman dat ons kan doen wat Ester vra.” So is die koning en Haman toe daar weg na Ester se ete toe.
6 Terwyl hulle besig was om wyn te drink, vra die koning weer vir Ester: “Wat kan ek vir jou doen? Sê vir my wat jy wil hê en jy kan dit kry, al is dit ook die helfte van my koninkryk.”
7 Toe sê Ester: “Wat ek graag wil hê,
8 dit is nou te sê as die koning dit wil doen, is dat u en Haman môre weer my gaste sal wees by ’n ete. By daardie ete sal ek vir u sê wat ek wil hê.”
9 Haman is vrolik en opgeruimd daar weg. Maar toe hy vir Mordegai by die hek van die paleis sien sit en dié weer nie opstaan om hom te groet nie, was hy woedend.