6 Terwyl hulle besig was om wyn te drink, vra die koning weer vir Ester: “Wat kan ek vir jou doen? Sê vir my wat jy wil hê en jy kan dit kry, al is dit ook die helfte van my koninkryk.”
7 Toe sê Ester: “Wat ek graag wil hê,
8 dit is nou te sê as die koning dit wil doen, is dat u en Haman môre weer my gaste sal wees by ’n ete. By daardie ete sal ek vir u sê wat ek wil hê.”
9 Haman is vrolik en opgeruimd daar weg. Maar toe hy vir Mordegai by die hek van die paleis sien sit en dié weer nie opstaan om hom te groet nie, was hy woedend.
10 Haman het hom egter ingehou en huis toe gegaan. Daar aangekom, het hy sy vriende en sy vrou, Seres, geroep
11 en by hulle gespog oor hoe ryk hy was en hoe baie kinders hy gehad het. Hy het ook gespog oor die feit dat die koning hom eerste minister gemaak het en dat hy baie belangriker was as al die ander amptenare.
12 “En wat meer is,” spog Haman toe verder, “koningin Ester het ’n ete spesiaal net vir my en die koning gegee. En sy het my uitgenooi om môre weer saam met haar en die koning te eet.