1 Toe het 7 Maart van die volgende jaar aangebreek, die dag waarop die koninklike proklamasie in werking moes tree en waarop die vyande van die Jode gehoop het om hulle in hulle mag te kry. Maar op dié dag het presies die teenoorgestelde gebeur. Dit was nou die Jode wat hulle vyande oorweldig het.
2 Hulle het in al hulle stede in die provinsies van koning Ahasveros se ryk bymekaargekom om hulleself te verdedig teen enigiemand wat hulle kwaad probeer aandoen het. Maar niemand wou so ’n kans waag nie, want almal was te bang vir hulle.
3 Om die waarheid te sê, al die bestuurders van die provinsies, die verteenwoordigers van die koning, die goewerneurs en die ander mense in die koning se diens het hulle eerder gehelp omdat hulle bang was vir Mordegai.
4 Want Mordegai het alreeds ’n hoë posisie in die paleis beklee en het by die dag magtiger geword.
5 Maar die Jode het hulle teëstanders met die swaard uitgeroei. Hulle het hulle vyande doodgemaak en vermorsel. Met almal wat hulle gehaat het, het hulle gedoen net wat hulle wou.