7 Maar Ek sal steeds lief bly vir die mense van Juda in die suide. Ek sal hulle red. Daar sal nie ’n oorlog nodig wees om hulle van hulle vyande te bevry nie.”
8 Toe sy opgehou het om Lo-Rugama te borsvoed, het Gomer weer ’n baba verwag en toe ’n seuntjie gehad.
9 Hierdie keer het die Here gesê: “Sy naam is Lo-Ammi. Dit beteken ‘Nie my volk nie’, want julle is nie meer my volk nie en Ek is nie meer julle God nie.”
10 “Nogtans sal die Israeliete so baie word soos die sandkorrels van die see wat ’n mens nie kan meet of kan tel nie. Ek sê nou vir hulle: julle is nie meer my volk nie. In die toekoms sal Ek weer vir hulle sê: julle behoort aan God wat altyd lewe.
11 Die suidelike ryk van Juda en die noordelike ryk van Israel sal dan weer bymekaar uitkom. Hulle sal saamkom en net een leier hê. By Jisreël sal hulle op daardie dag saam optrek na hierdie land toe. Hulle sal hier geplant word soos ’n boom in die grond.
12 Julle sal dan vir julle broers sê: ‘Ammi! Jy is nou weer die Here se volk.’ Julle sal vir julle suster sê: ‘Rugama! Die Here gee nou weer vir jou om.’”