12 “In Gilead bid hulle tot afgode. Daardie beelde sal verdwyn. In Gilgal offer hulle bulle. Die offerplekke daar sal inmekaarval. Dit sal word soos klippe wat uit die landerye gehaal is om dit skoon te maak en op hope gegooi is.
13 “Jakob moes Aram toe vlug. Hy moes daar skape oppas net om ’n vrou te kry.
14 Maar dit was deur sy boodskapper dat die Here Israel se nageslag uit Egipte gelei het. God se boodskapper het hulle op die regte pad gehou.
15 “Efraim het die Here kwaad gemaak. Hy moet doodgemaak word omdat hy die Here uitgetart het. Die Here sal hom straf omdat hulle sy Naam sleggemaak het.”