3 “Die Here maak ’n hofsaak teen Juda. Hy gaan Jakob straf vir die manier waarop hy leef. Hy gaan die dinge wat hy doen, teen hom gebruik.
4 Nog voor hy gebore is, het hy sy tweelingbroer probeer bedrieg. Toe hy ’n groot man was, het hy met God geveg.
5 Hy het met die Man uit die hemel gestoei en Hom begin wen. Hy het gehuil en die Man het hom jammer gekry. Die Here het hom by Bet-El gekry en daar met hom gepraat.
6 Dit was die Here, die God van groot krag. Sy Naam is ‘Die Here’.
7 Kom terug na jou God toe. Bly getrou aan die Here. Doen wat Hy vir jou sê. Hou Hom altyd in gedagte.”
8 “Israel is soos Kanaän. Hy is skelm as hy dinge verkoop. Hy probeer altyd mense verkul wat by hom koop.
9 Dan spog Efraim nog en sê: ‘Ek het ryk geword. Ek het ’n miljoenêr geword. Niemand kan ’n vinger na my wys nie. Niemand kan my beskuldig dat ek oneerlik was nie.’”