7 Ek het daarom vir hulle soos ’n leeu geword wat hulle wil verskeur. Ek is vir hulle net soos ’n luiperd wat langs die pad lê en wag dat sy prooi moet kom.
8 Ek sal hulle aanval soos ’n woedende beer as iemand haar kleintjie by haar probeer wegvat. Ek sal hulle uitmekaarskeur. Ek sal daar langs die pad gaan lê en hulle opvreet soos ’n leeuwyfie. Wanneer Ek klaar is, sal die wilde diere van die veld hulle verder uitmekaarskeur en opvreet.
9 “Ek gaan jou uitroei, Israel. Ek het jou gehelp, maar jy het die rug vir My gedraai.
10 Waar is jou koning nou? Waar is die een wat jou kon kom help het toe die vyand jou stede aangeval het? Waar is die regters nou vir wie jy gevra het om vir jou ’n koning en leiers te gee?
11 Ek was al klaar vies vir julle toe Ek vir julle ’n koning gegee het. Ek is nou woedend vir julle as Ek hom by julle wegvat.”
12 “Ek het Efraim se oortredings opgeteken. Sy sonde staan op papier.
13 Efraim is soos ’n kind wat nie verstand het nie. Hy is domastrant. Hy is soos ’n ongebore baba in sy ma se lyf wat nie in die wêreld wil kom as dit tyd is om gebore te word nie.