18 “Ek sal joune wees vir altyd. Tussen My en jou sal alles reg loop. Ons sal aan mekaar getrou wees en mekaar liefhê.
19 Ek sal altyd aan jou getrou bly. Daaraan sal jy weet dat Ek die Here is.
20 “Op daardie dag,” sê die Here, “sal Ek doen waarvoor hulle gebid het. Ek sal wolke in die lug gee. Dit sal reën op die grond wat so dors was.
21 Die aarde sal die reënwater opsuig. Die aarde sal dan koring en wyn en olie gee. Ek sal na die gebed van Jisreël luister. Die oes wat uit die land uit kom, sal vir hulle kos gee.
22 Ek sal jou terugvat Jisreël toe. Ek sal jou daar laat bly. Ek sal lief word vir Lo-Rugama vir wie Ek nie omgegee het nie. Ek sal vir Lo-Ammi wat nie aan My behoort nie, sê: ‘Nou is jy weer my volk.’ En hy sal vir My sê: ‘My God.’”