1 Toe het die Here vir my gesê: “Gaan leer jou vrou van voor af liefkry, al is sy ’n getroude vrou wat rondslaap. Dit is net soos die Here wat die Israeliete liefhet, al loop hulle agter vreemde gode aan. Ek gee vir hulle om al het hulle ’n smaak vir seksuele speletjies en eet hulle broodjies wat van rosyne gemaak is om die afgode te plesier.”
2 Ek het haar toe gaan terugkoop van haar nuwe man. Ek het vir hom geld en 150 kilogram gars en wyn vir haar gegee.
3 Ek het haar gewaarsku: “Jy sal vir ’n hele tyd by die huis moet bly. Jy mag nie rondloop nie. Jy mag nie by ’n ander man slaap nie. Ek sal dieselfde doen. Ek sal aan jou getrou bly. Ek sal nie gaan rondloop nie.”
4 Net so sal die Israeliete vir ’n hele tyd lank sonder ’n koning of ’n leier moet klaarkom. Hulle sal nie iets aan afgode kan offer nie. Daar sal nie regop klippe in die grond geplant wees om by te bid nie. Daar sal ook nie beeldjies of huisgodjies wees om voor raad te vra nie.