5 Israel is so voor op die wa dat Ek hom moet aankla. Israel en Efraim val oor hulle eie foute. Selfs Juda sal saam met hulle val.
6 Wanneer hulle met vee en beeste gaan om vir die Here te offer, sal dit te laat wees. Hulle sal Hom nie meer in die hande kry nie. Hy het alreeds weggegaan.
7 Hulle het die Here se Naam sleggemaak. Hulle is soos ’n vrou wat nie getrou bly aan haar man nie. Sy maak skande. Sy het kinders by ’n ander man. Omdat hulle vir die afgode offers bring, gaan Ek binne ’n maand hulle landerye vernietig.”
8 “Blaas op die trompet in Gibea! Roep almal op om te kom oorlog maak. Blaas op die trompet in Rama! Gee die teken vir die oorlog. Gee die oorlogskreet in Bet-Awen! Benjamin, kyk wat Efraim agter jou rug beplan!
9 Efraim gaan sonder twyfel verwoes word wanneer hy die dag veroordeel word. Ek sê dit nou al vir al die families in Israel.
10 Die leiers van Juda in die suide steel die grond van Israel in die noorde. Hulle verskuif die grense al verder na die noorde toe. Ek gaan my straf soos water op hulle uitgooi.
11 “Efraim het seergekry. Hy is niks werd nie. Hy het mos besluit om agter dinge aan te gaan wat vir hom niks in die sak kan bring nie.