4 “Die Here sê: ‘Wat op aarde moet Ek met jou aanvang, Efraim? Wat moet Ek met julle maak, Juda? Julle bly net so lank getrou aan My soos mis wat voor die son verdwyn. Dit hou net so lank soos dou wat vroeg in die oggend al verdwyn.
5 Dis hoekom Ek julle stukkend getrap het met die woorde van my boodskappers. Dit is hoekom Ek julle met my woorde uitmekaargeskeur het. My besluit oor julle is so helder soos daglig:
6 Ek wil baie eerder hê dat julle by My bly as dat julle van ver af offers vir My slag. Ek wil eerder hê dat julle getrou moet wees aan My as dat julle op altare offers vir My verbrand.
7 “Daar by die dorp Adam het hulle my ooreenkoms met hulle verbreek. Hulle het nie aan My getrou gebly nie.
8 Gilead is ’n stad vol kwaaddoeners en moordenaars.
9 Die mans wat daar offers bring, is soos rowers wat mense langs die pad Sigem toe voorlê om hulle dood te maak. Hulle het gruwelike dinge gedoen.
10 Ek het gesien daar gebeur iets vreeslik leliks in Israel. Ek het daar gesien hoe Efraim soos ’n slegte vrou agter ander gode aanloop. Ek het gesien hoe Israel soos ’n ontroue vrou haar man verkul.