1 “Die oomblik wanneer Ek Israel weer gesond wil maak, word dit duidelik wat Efraim verkeerd gedoen het. Dit word duidelik wat daar in Samaria gebeur. Hulle bedrieg mekaar. Die dief breek in om te steel. Hulle beroof mekaar op straat.
2 Hulle dink nie eers daaraan dat Ek alles onthou wat hulle verkeerd gedoen het nie. Ek onthou al hulle oortredings wanneer hulle voor My staan.”
3 “Die koning is baie tevrede met die slegte dinge wat sy mense doen. Sy leiers glo al die leuens wat hulle verkoop.
4 Intussen is hulle almal onderduimse rugstekers. Hulle staan net hulle kans en afwag. Dit is soos ’n warm oond wat staan en wag terwyl die bakker besig is om die deeg te knie om te kan rys.
5 By die koning se partytjie maak hulle sy leiers dronk met wyn. Die koning stel ’n heildronk in op die mense wat met hom spot.
6 Deur die nag beplan hulle om die koning dood te maak. Hulle is soos ’n oond wat wag om gebruik te word. In die oggend vat dit vlam.
7 Soos die oond vlam hulle skielik op en verbrand hulle leiers. Hulle vermoor al hulle konings. Nie een van die konings het My kom vra om hulle te help nie.”