5 By die koning se partytjie maak hulle sy leiers dronk met wyn. Die koning stel ’n heildronk in op die mense wat met hom spot.
6 Deur die nag beplan hulle om die koning dood te maak. Hulle is soos ’n oond wat wag om gebruik te word. In die oggend vat dit vlam.
7 Soos die oond vlam hulle skielik op en verbrand hulle leiers. Hulle vermoor al hulle konings. Nie een van die konings het My kom vra om hulle te help nie.”
8 “Efraim het met volke deurmekaargeraak wat nie in die Here glo nie. Hy het soos ’n ding geword wat net halfpad gaargemaak is en wat niemand kan eet nie.
9 Mense wat hy nie eens ken nie, het sy geld gevat. Hy het dit nie eens agtergekom nie. Hy was nie eens bewus daarvan dat hy oud geword het nie.
10 Niemand hou van Israel wat so verwaand is nie. Hy is te hoogmoedig om terug te kom na die Here sy God. Na alles wat met hom gebeur het, is hy steeds te trots om die Here te kom vra om hom te help.
11 “Efraim is soos ’n duif wat sonder koers rondfladder. Hulle soek hulp by Egipte. Hulle hardloop agter Assirië aan.