1 “Israel, jy moet ophou om so uitspattig te kere te gaan soos die ander volke. Jy het van jou God af weggeloop soos ’n los vrou. Jy hou daarvan om op elke plek waar die graan gedors word, met vroue partytjies te hou. Jy maak asof die oes die betaling is vir wat jy met die vroue doen.
2 Daar gaan nie langer graan wees om te dors of druiwe om te pluk nie. Daar gaan nie meer kos vir julle wees nie. Daar sal nie langer druiwesap wees van die druiwe wat julle uitgetrap het nie.”
3 “Julle kan nie langer in die Here se land bly nie. Efraim sal moet teruggaan Egipte toe. In Assirië sal hulle kos moet eet wat nie vir die Here reg is nie.
4 As hulle daar is, sal hulle nie meer vir die Here offers van wyn kan bring nie. Die Here sal nie tevrede wees met die offers wat hulle daar vir Hom bring nie. Die kos wat hulle daar eet, sal wees soos kos wat vir ’n begrafnis gemaak is. Elkeen wat van daardie kos eet, sal nie langer vir die Here aanvaarbaar wees nie. Die kos wat hulle daar eet, sal hulle net help om aan die lewe te bly. Dit sal nie kos wees waarmee jy na die Here toe kan gaan om dit vir Hom te offer nie.