1 In hierdie boek lees ons alles wat Jeremia gesê het. Sy pa se naam was Gilkija. Jeremia kom uit die dorpie Anatot, wat in die Benjaminfamilie se gebied is. Hy en sy familie was mense wat by die tempel van daardie tyd gewerk het. Hulle was priesters.
2 Die Here wou sekere dinge vir die koning en die volk sê. Hy het Jeremia daarvoor gebruik. Hy het vir hom boodskappe gegee in die dertiende jaar wat Josia koning van Juda was (ongeveer 627 v.C.). Josia was die seun van koning Amon.
3 Die Here het aangehou om vir Jeremia boodskappe te gee ook in die tyd van koning Jojakim, wat Josia se seun was, tot in die elfde jaar dat Sedekia koning was (tot 586 v.C.). In Augustus van hierdie jaar is die mense wat in Jerusalem gebly het, gevang. Die mense van Babel het die inwoners van Jerusalem uit Juda weggevat na hulle land toe. Hulle sou in Babel in ballingskap moes bly.
4 Die Here het vir my gesê: