1 Israel, luister na wat die Here vir julle te sê het.
2 Hy sê: “Moenie die manier hoe die ander nasies dinge doen, aanleer nie. Julle moet byvoorbeeld nie bang wees vir die tekens wat hulle in die sterre sien nie. Dit maak die mense van hierdie nasies baie bang.
3 Die godsdiens van hierdie volke maak nie mooi sin nie. Hulle kap ’n boom in ’n bos af en laat ’n skrynwerker daarvan ’n beeld maak.
4 Daarna versier hulle die beeld met goud en silwer. Hierdie beeld word dan vasgespyker sodat dit nie omval nie.