17 Die mense van Jerusalem is deur die vyand omsingel. “Maak julle besittings bymekaar,”
18 sê die Here. “Neem kennis, Ek gaan julle nou uit julle land laat uitgooi. Ek gaan dit vir julle baie moeilik maak, julle sal die druk voel.”
19 Die mense in Jerusalem het gekla: “Dit gaan ellendig met ons, ons is erg seergemaak! Ons kan maar net huil oor ons siek toestand. Ons het gedink: Ja, dit is ’n groot lyding hierdie, maar ons sal dit kan vat en deursien.
20 Ons huise is vernietig. Dit wat ons nog vastigheid gegee het, is tot niet. Ons kinders is van ons af weggevat. Hulle sal nie weer terugkom en seker maak dat ons ’n toekoms het nie.”
21 Ek het geantwoord: “Ons leiers is onnosel. Dit maak nie vir hulle saak wat die Here wil hê hulle moet doen nie. Dit is hoekom dit sleg gaan. Dit is ook hoekom ons mense oraloor verstrooi is.
22 Hoor julle, dit is die dreungeluid van die vyand se leërs wat uit die noorde op pad is. Hulle sal al die stede van Juda verwoes. Die stede sal ’n lêplek vir die jakkalse word.”
23 Ek weet, Here, ’n mens hou nie jou lewe in jou eie hande nie. Niemand het beheer oor wat in die lewe met hom gaan gebeur nie.